Wie is ek?

arrow-dark

Susan Fouché

Persoonlike Afrigter

arrow-dark

My naam is Susan Fouché. Ek is ‘n passievolle persoonlike afrigter. As stigter van Hernu-U glo ek onomwonde in die vermoë van elke mens om hulle lewe om te keer en te hernuwe.

Ek het my Kwalifikasie as Persoonlike Afrigter ontvang deur Menno Henselmans wat fokus op die opbouing van krag en die hernuwing van die liggaam. Die Henselmans kwalifikasie is ‘n hoogstaande internasionale fiksheidskursus gegrond op deeglike navorsing.

The Henselmans PT Course - Supported by science, tested in the trenches. It will teach you how to become an evidence based fitness professional. All of the material in this course are supported with hyperlinks to the scientific articles

Mens sana in corpore sano

arrow-dark

Ek is ook deur Trifocus Pilates ‘n gekwalifiseerde Pilates instrukteur waarna ek vir jare gewerk het op een tot een basis, spesifiek met kliente wat rehabilitasie nodig gehad het.

My professionele belangstelling lê daarin om vir mense te wys hoeveel ‘n gesonde liggaam gekoppel is aan ‘n gesonde verstand: Mens sana in corpore sano.

Die liggaam en die verstand kan nie geskei word nie. Hoe meer ons leer en hoe meer ons die liggaam bestudeer, hoe meer besef ons hoe nou elke aspek saamwerk. Hoe jy eet, oefen, slaap asook jou spanningsvlakke, het alles ‘n impak op die hormone wat jou liggaam afskei en dus ‘n direkte impak op jou gemoed en verstand.

Ek glo dat die krag wat jy in jou liggaam opbou, oordra na krag in ander aspekte van jou lewe. Dus is die regte vorm van oefening nie net goed vir jou liggaam nie, maar ook besonder kragtig om jou te ondersteun en meer weerbaar te maak vir al die uitdagings in jou lewe.

In my persoonlike lewe, waar die Here my deur tye van swaarkry en stryd met vele uitdagings en verliese geneem en gedra het, het ek geleer dat beweging ‘n kernrol speel in sielsgeluk en dat dit een van die beste steunpilare van ‘mental health’ is. My eie geskiedenis en ervaring dryf my om ander te help om gesonder en gelukker te wees, sterker te word en die voordeel te besef van beweging.

Vandag is my fokus Hernuwing. Deur Hernu-U streef ek daarna om vir ander mense ook ‘n kans te gee om ‘n U-draai te maak in hulle lewens. Liggaamlike Hernuwing is gekoppel aan sielkundige hernuwing. Ek nooi u dus om saam met my hierdie Hernuwingsreis te onderneem deur Hernu-U.

afAfrikaans