Hoekom Hernu-U?

arrow-dark

My programme is nie soos die meeste een-grootte-pas-almal roetines wat jy aanlyn kry nie.

arrow-dark

Hernu-U programme word individueel aangepas deur die volgende faktore in ag te neem:

Jou doelwitte: ‘n Vrou wat ‘n slanke strandliggaam wil hê, moet nie op dieselfde manier as ‘n Powerlifter oefen nie.

Jou verlangde vlak van toewyding: Dit is nie vir almal die moeite werd om heeltyd vir 100% vordering te mik nie. Ek sal veral met jou dieët fokus op volhoubare vordering. Ek het geen twyfel dat ons jou liggaamsdoel sal kan bereik nie, maar lang termyn volhoubaarheid is krities van belang.

Jou geslag: Vroue moenie op dieselde manier as mans oefen nie.

Jou opleidingservaring: Meer gevorderde gewigoptellers benodig ander stimuli as wat beginners benodig vir maksimum vordering.

Jou leefstyl: Jou spanningsvlakke en slaapkwaliteit bepaal jou herstelvermoë en dus watter program vir jou optimaal is.

My gevallestudie gebasseerde skattings van jou fisiologie, insluitend jou koolhidraatverdraagsaamheid/Carb Tolerance en spierveselprofiel/Muscle Profile.

Met Hernu-U is die kliënt altyd die fokus en die doelwit is om elke kliënt op hulle vlak te ontmoet.

Vir wie is dit?

arrow-dark

My afrigting is vir enige iemand wat graag werklike fisiese resultate wil sien

Hernu-U kan liggame van alle geslagte, groottes, ouderdomme en fiksheidsvlakke assisteer om hulle doelwitte te bereik

As jy moeg is om gewig te verloor net om nog steeds nie tevrede te wees met jou voorkoms en die eindresultaat nie, kan ek jou help.

As jy uiteindelik “getone” wil raak en moeg is daarvoor om “skinny fat” te wees, kan ek jou help.

As jy moeg is vir draf en eindelose cardio net om moeg en honger te wees daarna en steeds nie die gewenste resultate sien nie, kan ek jou help.

As jy nie meer weet hoe om te onderskei tussen al die kontrasterende en verwarrende Gesondheids Giere en Fiksheids Fads op sosiale media nie, kan ek jou help.

As jy bereid is om tenminste drie dae van die week te gaan oefen in ‘n gym of by die huis met gewigte, kan ek jou help.

As jy raad nodig het in verband met korrekte oefen tegniek en vorm, kan ek jou help

As jy die vreugde van beweging in jou liggaam wil herontdek, kan ek jou help

As jy ‘n nuwe begrip en waardering vir jou fisiese en verstandelike krag wil ontwikkel, kan ek jou help

As jy meer energiek, sterker en wakkerder wil voel en jou daaglikse take met meer gemak wil beoefen, kan ek jou help

As jy ‘n volhoubare roetine en verhouding met jou liggaam, kos en oefening wil bou, kan ek jou help

Vir die toegewyde Liggaamsbouer

As jy ‘n intermediate weightlifter is, kan ek jou help om jou vordering na die volgende vlak te neem.

afAfrikaans