Voltydse afrigting is vir mense wat nie net ’n plan soek nie, maar begeleiding oor tyd. Hierdie opsie bied struktuur, rigting en aanspreeklikheid om volhoubare verandering te maak.
Ideaal vir jou as jy:
• al baie probeer het sonder blywende resultate
• persoonlike leiding oor oefening én voeding wil hê
• bereid is om konsekwent oor ’n paar maande te werk
• ondersteuning en duidelike struktuur verkies
Wat is ingesluit:
• Persoonlike oefenprogram met gereelde aanpassings
• Persoonlike voedingsrigting
• Weeklikse gestruktureerde check-in
• Duidelike fokus op volhoubare gewoontes en vooruitgang
• Professionele begeleiding binne vaste, duidelike grense
Belangrik om te weet:
• Afrigting vereis aktiewe deelname
• Kommunikasie is gestruktureer en begrens
• Beperkte plekke is beskikbaar
• Minimum verbintenis van 3 maande geld




