Hierdie pakket kombineer ’n veilige, stadige Pilates video-program met ’n persoonlike eetplan, vir mense wat hul gesondheid doelbewus wil verbeter sonder druk, tempo-vergelyking of maandelikse verpligtinge.
Dit is geskik vir mense wat graag rustig en met selfvertroue wil begin beweeg, terwyl hul voeding dit ondersteun.
Ideaal vir jou as jy:
• nuut is tot Pilates of weer wil begin beweeg
• veiligheid en beheer belangriker ag as intensiteit
• stadiger, duidelike leiding verkies
• leiding oor beweging én voeding wil hê
• selfstandig wil werk, in jou eie tyd
Wat is ingesluit:
• Bejaarde & Beginner Pilates Video Program – 8 opgeneemde sessies – Stadige tempo met eenvoudige, veilige bewegings – Duidelike verbale leiding – Leeftyd toegang tot die video’s
• Persoonlike eetplan (PDF) – Kalorie- en makro-riglyne aangepas vir jou – Praktiese, volhoubare voedingsrigting – Aanbevole aanvullings waar toepaslik
Belangrik om te weet:
• Geen persoonlike afrigting of begeleiding is ingesluit nie
• Geen konsultasie of opvolg-ondersteuning
• Hierdie is ’n selfstandige, eenmalige packet


